View Message

<  >
Subject: Re: The meaning of Danaugh
Author: Anneza   (guest, 163.200.81.4)
Date: October 24, 2002 at 8:10:17 AM
Reply to: The meaning of Danaugh by Danaugh
Ek skryf sommer in Afrikaans, as dit goed is?

Die naaste wat ek kan kom aan Danaugh (hoe spreek jy dit uit? Seker DA na, of hoe? Lyk my die -GH aan die einde is net vir die mooi) is Dana (DA na), wat 'n Ierse moedergodin was, en die naam beteken dus 'n aanhanger of afstammeling van haar. Miskien laat die -UGH dit meer eksoties lyk?

Daar is ook Donagh (dis nou die Engelse weergawe; in Iers is dit Donnchadh), wat regtig naby is maar dis 'n mansnaam wat Bruin Heer beteken - dan is jy seker 'n Bruin Dame!

Ek hoop dit het gehelp! Dis 'n oulike naam - het jou ouers enige verduideliking daarvoor?

Alles van die beste

Because this message is archived you cannot respond to it.

Messages in this thread: